


Meer oor ons
Sunlawns help al sedert 1947 om kleuters te laat blom. Ons is een van die oudste kleuterskole in die Vrystaat en is trots om te sê dat kleuters by ons 'n tweede tuiste kry. Ons het 'n Christelike grondslag en ons het gekwalifiseerde personeel wat weet dat kleuters die beste leer wanneer hulle speel. In ons vriendelike en ontspanne skoolatmosfeer gee ons elke kleuter 'n geleentheid om volgens sy eie pas te ontwikkel. Dit is vir ons belangrik om gebalanseerde kleuters by Sunlawns te ontwikkel en ons gee aandag aan intellektuele, emosionele, sosiale, liggaamlike en geestelike ontwikkeling.
Ons klasse
Voëltjie klas
Vir kleuters 2 tot 3 jaar
Die Voëltjieklas is die klas waar alles begin. In die voëltjieklas leer kleuters op hulle vlak om aan te pas by die skoolomgewing. Ons hoop om in die voëltjieklas kleuters se selfvertroue so te ontwikkel dat hul die waagmoed sal hê om nuwe aktiwiteite aan te durf. Hier leer kleuters deur te speel en kan hul elke dag met 'n huppel in hul stap skool toe kom.
-
Potjie Opleiding
-
Ontwikkel nuwe vaardighede en idees
-
Bevorder onafhanklikheid

Hasie klas
Vir kleuters 3 tot 4 jaar
Die Hasieklas is soos een groot familie. Ons bou verhoudinge en vriendskappe, bid vir mekaar en help mekaar, ons vat handjies en groei saam. In die Hasieklas maak ons tyd vir wat belangrik is, ons maak tyd om te werk, tyd om te leer, tyd vir speel en tyd vir mekaar!
-
Pre-lees en skryfvaardighede
-
Vroeë wiskunde vaardighede
-
Fisiese krag en koördinasie vaardighede

Leeutjie klas
Vir kleuters 4 jaar tot graad R
Die Leeutjieklas se kleuters is ons oudste kleuters by Sunlawns. Ons werk speel-speel aan persepsuele vaardighede, asook groot motoriese vaardighede sodat hulle aan die einde van hulle Leeutjieklasjaar gereed sal wees vir Graad R. Ons help elke kind om ook op emosionele en sosiale vlak te groei sodat hul nie net leergereed sal wees nie, maar ook lewensgereed.
-
Ondersteun sosiaal-emosionele ontwikkeling
-
Ontwikkeling van fyn en groot motoriese vaardighede
-
Akademiese vordering

Kontak Ons
Waar ons lekker speel
