Algemene inligting
By Sunlawns is kleuters van 2 - Graad R welkom om te kom leer en ontwikkel volgens sy/haar eie vermoe. Die skool is tydens skoolkwartale oop vir 'n halfdag- of voldagprogram. Die kurrikulum word ontwerp om kleuters aan 'n verskeidenheid aktiwiteite bloot te stel ten einde holistiese ontwikkeling aan te moedig. Juffrouens gee aandag aan, onder andere, wiskunde, musiek, groot motoriese en klein motoriese vaardighede en skeppende vaardighede. Daar is 9 personeellede wat daagliks vir +/- 85 kleuters 'n tuiste weg van die huis af skep. Tydens skoolvakansie bied ons vakansiesorg vir kleuters en kinders tot graad 2 teen R60 per dag.

Kostes
Kostes vir 2023 - 2024 is as volg:
-
Halfdag: R 1890 vir 11 maande (Januarie tot November)
-
Voldag: R2480 vir 11 maande (Januarie tot November)
-
Intreefooi: R1000
-
Vakansiesorg: R60 per dag
-
Losstaande dag: R80
​
*Die kostes kan na gelang van operasionele vereistes aangepas word
Sunlawns: Dokumente
Laai die nodige vorms en inligtinstukke hieronder af. Op die selfoon-webwerf is die aflaai-ikoon bó elke opskrif.
Algemene inligting
Die aangehegte dokument bevat die volledige algmene inligting van Sunlawns Pre-primêr.
Aansoek om toelating
Laai die aangehegte vorm af en voltooi dit om aansoek te doen vir u kleuter om deel te word van die Sunlawns-familie. U kan die voltooide vorm na sunlawnskleuterskool@gmail.com stuur.
Aansoek vir vakansiesorg
Laai hier die vorm af om aansoek te doen vir vakansiesorg. Kleuters van Sunlawns en boeties en sussies tot en met graad 2 is welkom.
POPI-Wet
Kliek hier om inligting oor die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting af te laai.